


Die tweede kwartaal is op ‘n hoë noot afgeskop! Vir die eerste deel van die fondsinsameling is daar besluit op ‘n gewone kleredrag dag met die tema: Kleure van die reënboog. Ons het daarop besluit omdat ons in so ‘n unieke wêreld met sulke unieke omstandighede leef dat ons, ons verskille, maar ook ons eenheid moet tentoonstel. Net soos ‘n reënboog met verskillende kleure, het ons ook ons skoonheid as ‘n eenheid vertoon. In die woorde van Zaid K. Adbelnour:
“Moenie omdraai nie. Moenie terugkyk nie. Hou aan vorentoe beweeg. Hou aan deurdruk. Die pot is aan die einde van die reënboog, nie aan die begin nie.”



