Ons bied die volgende aktiwiteite as deel van ons Kuns en Kultuurprogram aan:
Eisteddfod
Van voorlesings tot musikale vaardighede, Brandwag is daar. Brandwag skryf elke jaar meer as 50 leerders in om deel te neem aan die Esiteddfod Fees. Brandwag is ook trots om elke tweede jaar ons fasiliteite beskikbaar te stel vir hierdie fees. Mev. Schaaf en Mnr. Taylor is hier aan die stuur.
B-wag Beat (Dansgroep)
Ons dansgroep het in 2015 begin. Ons het met slegs 20 dansers begin. Dit was ‘n eenvormige besluit om die groep B-Wag Beat te noem. Die groep het elke jaar gegroei. Ons het deelgeneem aan die Böhmer Skool Eisteddfod Fees en ontvang ‘n A+ en ‘n A++. In 2018 neem ons die besluit om in twee groepe te verdeel as gevolg van ons groot aantal dansers. Gedurende hierdie jaar is ons die beste groep wat deelneem aan die Sand du Plessis Revue Fees. In 2019 smelt ons weer saam en neem deel as een groep met 60 dansers! Ons weet dat ons groep nog meer gaan groei en saam hoogtes gaan bereik.
VCSV
Hierdie is ‘n groep waar Christene saam kan kom om die Here te dien. Ons glo in God die Vader, sy seun Jesus en die Heilige Gees. By hierdie byeenskomste fokus ons op die drie-enige God en leerders word aan nuwe beginsels blootgestel op kreatiwe maniere.
Hierdie is ook ‘n veilige plek waar leerders vir mekaar kan bid, saam kan sing en stories oor hulle lewens kan deel. Hierdie groep ontmoet elke Vrydag na skool en alle Christen leerders is welkom.
Debat
Om te redeneer is ‘n spesiale vaardigheid, en debat is die plek om dit aan te leer. Word selfversekerd en sê jou sê saam met die debat span en Mev. Janette Meyer.
Skaak
‘n Spel vir die wat flink kan dink en strategie wil ontwikkel. Onder die leiding van Mev. Van Zyl, vaar Brandwag se Junior en Senior skaakspanne goed.