Ons Missie en Visie

Ons Missie:

Streef daarna om die beste onderwys daar te stel en wel volgens die volgende beginsels:

Ons Opdrag:

Om elke kind as ʼn spesiale geskenk van God, aan ouers, gemeenskap en volk te beskou.
Om elke kind as uniek, met eie indentiteit en talente te beskou.
Om in die hele opvoedingsprogram voorsiening te maak vir al hierdie besondere uniekhede.

Ons strewe:

Om die opdrag met geesdrif en ywer aan te pak.
Om al ons kragte en talente in te span, om sodoende die taak met verantwoordelikheid en sukses te verrig.
Dat elkeen se handel en wandel dienooreenkomstig sal wees.
Dat daar ʼn spesiale plekkie in die son vir elkeen, ongeag geloof of kultuur sal wees.

Ons waardesisteem 

By Brandwag Primêr poog ons om ʼn waardesisteem te volg, sodat ons beter leerders, personeel en lede van ons samelewing kan word.
Hierdie waardesisteem is in plek gestel om ons te help in hierdie strewe van ons. Deur hierdie sisteem ʼn prioriteit in ons lewens te maak, kan dit ons lewens positief verander en kan ons ʼn verskil maak in ons onmiddelike omgewing, maar ook in die groter gedeeltes van ons stad en hopelik ons land!

Ons waardesisteem sluit die volgende aspekte in:
• Respek
• Verantwoordelikheid
• Omgee
• Betroubaarheid
• Regverdigheid
• Geloofwaardigheid
• Burgerskap

Deur die jaar word hierdie aspekte aangeraak op verskeie maniere om ons leerders te help om dit beter te verstaan.