20-05-2024
Die polisie het ons vandag kom besoek om met die leerders te praat oor misdaad en wat die polisie in hul werk doen om misdaad te voorkom.
Die volgende eenhede en beamptes was teenwoordig:
* ’n Beampte het die leerders vertel van steel en wat met die diewe gaan gebeur.
* Nog ‘n beampte geklee in sy masker en skild het die leerders vertel van die toerusting wat hy dra. Dit beskerm hom van kop tot tone.
* Die K9-eenheid het die leerders vertel van dwelms en hoe hulle honde gebruik om hulle by te staan deur dit uit te snuffel.
* Daar was ook ’n demonstrasie van ’n hond wat ’n dief jaag en vang. ’n Polisiebeampte het beskermende klere gedra. Die leerders het geleer dat die honde werklik behulpsaam is vir die polisie.
* Die perde-eenheid het ons ook met twee van hul perde besoek en die leerders geleer oor die rol van perde in die polisie.
* Daarna het die motorfietseenheid met ‘n groot geraas op vier van hul polisiefietse gepronk. Dit was groot vermaak vir die leerders.
* Laastens het die polisiebeampte die leerders na die verskillende klanke van die bussie se sirene laat luister. Die leerders het dit met groot verbasing nagemaak!
Wat ‘n wonderlike besoek was dit nie!
Ons waardeer die moeite van die polisie-eenhede!