Middagstudie, Akademiese Ondersteuning & Media Sentrum

Inlingting waarvan u moet kennis neem

Middagstudie word aangebied om ons ouers en leerders by te staan en dit sal begin vanaf 1 Maart 2021. Aangesien hierdie ʼn addisionele diens is beloop die koste R 319,00 per maand van Maart tot November. Indien u kind twee-weekliks skool bywoon sal die kostes R 160,00 per maand beloop.

Inligting vir u kennisname:

  1. Maandag to Donderdag: Leerders sal in klaskamers wees vanaf 14:00 tot 16:00. Daarna sal hulle onder toesig vir hulle ouers wag. (Hek 3)
  2. Ure: 14:00 – 17:00
  3. Indien u vroeg is rapporteer asseblief by die sekuriteitswag. Hy sal u kind by die klaskamer gaan haal. Geen ouer sal in die klaskamers toegelaat word. (COVID-19 maatreëls)
  4. ʼn Kontrak moet voltooi word vir elke leerder (beskikbaar by die kantoor/of via e-pos/laai af onder vorms)

Ongelukkig kan ons nie meer as 20 leerders per graad akkomodeer nie. Die eerste 20 aansoeke in elke graad sal aanvaar word terwyl die res op ʼn waglys geplaas sal word.

Akademiese Ondersteuning

Brandwag Primêr beskik oor twee vaardige remediërende onderwysers, wat ondersteuning bied aan leerders wat addisionele ondersteuning benodig.

Addisionele ondersteuningsbehoeftes kan veroorsaak word deur enige sosiale, emosionele, kognitiewe, of familie omstandighede. Die effek wat hierdie omstandighede het verskil van kind tot kind. In alle gevalle is dit belangrik hoe groot die impak is van hierdie omstandighede op die leerder se ontwikkeling. Dit bepaal die vlak van ondersteuning wat deur die leerder bennodig word.

Ons doelwit is om elke leerder te help om hulle potensiaal te bereik.

Media Sentrum

Brandwag Primêr het ʼn professioneel toegeruste media sentrum.

Hierdie fasiliteit rus leerders toe met kennis van rekenaars. Dit is noodsaaklik in die moderne wêreld.

Ons is bevoorreg met ʼn fasiliteit soos hierdie.