Geskiedenis van Brandwag Primêre Skool

Toe Brandwag Primêre Skool in 1920 oopgemaak het, het dit bekend gestaan as Tempe Public School. Die skool se naam is later verander na Robert Bowie School. Daarna was die skool Generaal CR de Wet genoem en was gesetel op die Tempe millitere basis. Dit was ‘n Engelse skool, maar Afrikaans is bygevoeg as ‘n medium van onderrig in 1929. Die skool moes noodgedwonge, as gevolg van die buurt Generaal de Wet, sy naam verander omdat die skool se pos nooit by die regte plek aangekom het nie.

Die skool het vir die laaste keer sy naam verander na Brandwag Primêr op 31 Augustus 1970 en was op hierdie stadium slegs ‘n Afrikaans medium skool. Die bou van die huidige geboue is begin in 1975 en formeel geopen op 20 Oktober 1978.

In 2006 het die skool se getalle gedaal tot slegs 147. Op 1 Januarie 2007 is die skool weer as ‘n parallel medium skool oopgemaak en die huidige getalle is amper 1500.

In 2013 is groot veranderinge aan die skool se infrastruktuur aangebring met die bou van 7 nuwe klaskamers, die kantoorblok, die snoepie en talle ander verbeteringe.

Brandwag Primêr het 4 skoolhoofde gehad sedert 1975 naamlik Mnr. JC Hertzog, Mnr. C. Strydom, Mnr. D. Meyer en huidiglik Mnr. A. Venter.

Met uitstekende prestasie op nasionale en provinsiale vlak was Brandwag Primêr nog altyd ʼn baken van hoop vir baie.