Ontmoet ons maatskaplike werker
Mev. Francé Davin
As die skool se maatskaplike werker bied ek berading en psigo-sosiale dienste aan die leerders van Brandwag op beide makro en mikro vlakke.
Ek bied terapeutiese en ondersteuningsdienste aan die hele gemeenskap, insluitende die personeel en die ouers. Ek verskaf ook leiding en hulp om leerders en ouers na die regte hulpbronne te verwys. Maatskaplike werkers werk as geestelike gesondheids spesialiste en as leiers van die emosionele ontwikkeling van die skoolgemeenskap.
Maak kontak met ons maatskaplike werker: soc@brandwagps.co.za